Tuesday, 30 September 2014

Beskrywende skryfstuk


Kerrie  óf jy is mal daaroor, of jy haat dit. Ek hoor mense dikwels sê dat hulle nie kerrie eet nie, maar kan nie help om te wonder of hulle weet hoeveel soorte kerrie daar werklik  in  hierdie wêreld is nie. Hier in die suidpunt van die wêreld is daar baie verskillende soorte kerries , maar vir my is die Kaapse Malay kerrie  die beste..
Dit is 'n soet, vrugtige kerrie en veel meer aanvaarbaar  as die sterk Indiese kerries byvoorbeeld.  
My moeder het  haar kerrie met hierdie resepte haar lewe lank gekook.As gevolg het ek self met hierdie resepte gekook en word elke keer as die boobaas kok genoem. Ek het  vir 'n rukkie die oorsprong van hierdie resep gesoek, maar ek dink dit is een van daardie resepte wat oorgedra is van geslag tot geslag en elk een sit hul eier stukkie by.

Die kleur van die kerrie moet net reg wees.Dit kom van verskillende kombinasies van speserye byvoorbeeld geel,rooi end groen, Die geel kom van die borrie. Die rooi kom van die kerrie poier en die groen kom van dhanyah en jeera. Die unieke smaak wat duer kom in die kerrie is van vars groen gemmer en knoffel.

Kerrie resepte :

al die speserye in olie.
Voeg vleis en bruin.
Voeg voorraad en sit deksel op.
Prut totdat die vleis sag is. Voeg aartappels en 1 kg skaapvleis - nek of kneukels (of beesvleis blokkies)
1 Tbs kerriepoeier
1 duim grootte stuk gemmerwortel
2 knoffelhuisies
1 teelepel borrie
1 stok kaneel
1 steranys
1 medium ui, gekap.
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
2 Tbs groente-olie.
2 koppies groente of vleis voorraad
2 Tbs tamatiepasta
sout en peper na smaak
Sautee ui, knoffel en kook tot gaar.

 

Saturday, 20 September 2014

Die kaapse kombuis , `n plek waar liefde en kos bymekaar kom.


Bekendstelling

My naam is Alyah Carelse en soos jy kan sien is ek `n kos liefhebber. Ek is passievol as dit kom by kos voorberei. Dit het begin toe ek nog `n klein dogtertjie was en soos die res van die famielie , in die kombuis moet help wanneer my moeder kook.

Waar kom die kaap-Maleise kos vandaan?
Die kaap-maleise kos is deel van die kaap maleise  kultuur. Die slawe het meer as drie honderd jaar gelede aan die kaapse oewers geland. Hulle het die maliese kultuur en het smaaklike disse saam gebring.

                                                 Die slawe
Tradisionele kookmaakmetodes word oorgedra van geslag tot geslag. Wanneer daar `n groot funksie is , die hele familie kom dan bymekaar in die kombuis om te help kook. Dogters leer van hul moedes, tantes en oumas hoe om spesenye te gebruik.

                                           Die beste spesenye

                            Tradisionele koeksisters word gereeld sondag
                             oggende voorberei en as ontbyt bedien.